How to view any page on this website in English
Go to the menu of your browser. (The three dots stacked on one another in the top right-hand corner.)
Now select Translate, then select English.

Wat is die verskil tussen POP3 en IMAP?

POP3 en IMAP is twee verskillende protokolle wat gebruik word om toegang tot Epos te bekom.

POP staan vir Post Office Protocol waar IMAP staan vir Internet Messaging Access Protocol.


IMAP verseker dat Epos oor verskeie toestelle gesinkroniseer word.

Aan die ander kant laai POP3 Epos van ‘n bediener (server) af na ‘n enkele toestel en verwyder dit van die bediener af.


Dus, as u slegs op ‘n enkele toestel toegang het tot u Epos, soos slegs een selfoon, sou die aanbevole keuse POP3 wees.


As u op meer as een toestel toegang het tot u Epos, soos op ‘n selfoon en ‘n rekenaar, is die aanbevole keuse IMAP.

Hoe om’n POSBUS Epos in te stel op ‘n selfoon se Gmail App

Hoe om jou nuwe email address by te voeg by gMail app op jou foon en steeds jou ou email address in werking te hou.

  • Click op die App gMail
  • Jy kry die opsie Inbox links-bo met drie – strepies op mekaar net links van Inbox. Kliek op die drie(3) strepies.
  • Nuwe Menu. Kies Settings
  • Nuwe Menu. Kies Add Account
  • Nuwe Menu. Kies Other
  • Tik op nuwe skerm tik jou email adres in naam@posbus.co.za
  • Kies dan Manual Setup
  • Nuwe skerm. Kies of Personal (POP3) of Personal (IMAP)
  • Tik jou Wagwoord (Password) in ……. en kies NEXT
  • Verander die server adres vanaf posbus.co.za na mail.posbus.co.za en kies dan NEXT
  • Hy bevestig (validate) die ingesleutelde informasie eers, dan kom volgende skerm.
  • Hier moet jy die SMTP server se addres verander vanaf posbus.co.za na mail.posbus.co.za en dan daarna opsie NEXT kies
  • Nuwe skerm. Kies net NEXT
  • Dan kom bevesting skerm op wat sê jou email rekening is in werking. Kies hier weereens net NEXT
Siedaar.....